Weet wat julle kinders doen, ouers!

Die goewerneur van die Kavango Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, sê die streek se leierskap is vasbeslote om kriminele aktiwiteite in die omgewing te beveg. Hy het die uitspraak gemaak tydens ‘n vergadering van die streek se leierskap met Nampol Inspekteur-Generaal Joseph Shikongo. Shikongo het volgens plaaslike media beklemtoon dat die bekamping van misdaad by die huis begin en dat ouers bewus moet wees van hul kinders se aktiwiteite.