Wees versigtig in die see, dis springgety

Namibiërs wat by die kus uitspan moet versigtig wees oor die volgende paar dae, weens die volmaan-springgety wat ‘n hoogtepunt gaan bereik. Die Nasionale Seereddingsinstituut in die buurland sê die daaglikse hoog- en laaggetye gaan aansienlik hoër en laer as normaal wees. Bo-normale sleurstrome sal op plekke aan die kuslyn voorkom. Die instituut doen ‘n beroep op die publiek om versigtig te wees in die water en ‘n oog te hou op veral kinders wat in die branders baljaar.