Wees uiters versigtig met verkiesingsverwante inligting

Fopnuus plasings doen al hoe meer die rondtes op sosiale media. Begin Oktober is ‘n vals brief gedeel waarvolgens Swapo sekretaris-generaal Sophia Shaningwa 1 miljoen Namibiese dollar belowe het aan die Verkiesingskommissie. Swapo het ‘n persverklaring uitgereik om homself te distansieer van die brief. Meer onlangs het die Landless People’s Movement ook deurgeloop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frederico Links van Fact Check Namibia, wat sê die publiek moet uiters versigtig wees vir verkiesingsverwante plasings wat die Verkiesingskommissie wil diskrediteer.