Wees rustig, Swapo manifes kom in September
Sommige politieke ontleders kritiseer Swapo omdat hulle die veldtog vir die November-verkiesing begin het sonder ‘n afgehandelde partymanifes. Die politieke ontleder Johannes Coetzee sê sonder ’n manifes word die persepsie geskep dat ’n party nie weet waarheen hy op pad is nie. Intussen sê Hilma Nicanor, Swapo-woordvoerder, die kwessie is nie dringend nie. Sy sê die manifes is gereed en die party besluit nog op ’n bekendstellingsdatum. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo-jeugliga, wat sê die manifes sal na verwagting in September vrygestel word.