Wees geduldig oor datum van Geingob se begrafnis: Mushelenga

Die Regeringsinligtingsentrum het vandag die inligting-minister Dr. Peya Mushelenga verwelkom. Mushelenga het gepraat oor die protokol wat deur die media nagekom moet word tydens die staatsbegrafnis van wyle president Hage Geingob. Hy het ook aangekondig dat daar daaglikse konsultasies by die inligtingsentrum sal wees. Tydens die vraag-en-antwoord-sessie het joernaliste gevra waarom die aankondiging van die begrafnis ‘n geruime tyd neem. Mushelenga het geantwoord hy het nog nooit gehoor van ‘n begrafnis wat in twee of drie dae gereël word nie.