Wees bedag op swendelary, sê polisie

Die Namibiese Polisiemag in die Oshana-streek sê die publiek moet op die uitkyk wees vir swendelaars. Oshana NamPol se gemeenskapsakebeampte, inspekteur Thomas Aiyambo, sê ouers en voogde moet versigtig wees om nie mislei te word dat daar mense is wat goedkoper skooldrag agter winkelsentrums verkoop nie. Wanneer die kopers agter die winkelsentrums aankom, word hulle beroof, sê hy. Volgens Aiyambo het hulle verskeie berigte ontvang van swendelary-aktiwiteite in gebiede soos Ongwediva en Ondangwa.