Weerwaak uitgereik oor swaar reën en vloede

Die Namibiese Metereologiese Dienste voorspel swaar reënval met kitsvloede die naweek in die binneland. Buie en donderbuie word ook oor die kusgebiede voorspel met vloede wat verwag kan word. Die Hidrologiese Dienste maan ook oor die Kuisebrivier wat se watervlak wat tot vloede kan lei. Die Zambezirivier by Katima Mulilo is steeds besig om te styg en die vlak was 2,14 meter wat bo-normaal is, asook die Okavangorivier se vlak by Rundu wat 4,56 meter was.