Weerstand teen malaria-besproeiing wek kommer in Noorde

Malaria is weer in die nuus met die reënseisoen wat aankom. In die verre Noorde, waar die siekte algemeen voorkom, sê die hoof mediese beampte van die Kavango Oos-streek Frans Indongo dat daar tot dusver vanjaar meer as 3 300 gevalle van malaria aangeteken is. Die lynministerie het reeds spuitspanne ontplooi maar, daar is gemeenskappe wat nie die spanne wil toelaat om veral binnenshuis, oppervlakte te behandel nie. Daar was net minder as 12 000 malariagevalle verlede jaar aangemeld met 28 sterftes.