Weermag staan gemeenskappe by in Kenia

President William Ruto het ‘n spesiale kabinetsvergadering gelei om die vloedsituasie in die land te bespreek. Die vloede het die afgelope maand byna 170 mense gedood. Ruto sê bystand word deur die weermag gelewer. Daar is nog nie ‘n nasionale ramp verklaar nie. Volgens kenners word nog reën in die land, wat nie baie goed voorbereid is vir krisistoestande nie, verwag. As gevolg hiervan het die regering besluit om skole gesluit te hou en meer as 130 000 mense moes ontruim.