Weermag se ammunisiestoor brand in Tsjad

Ten minste nege mense is dood en meer as 46 beseer in ontploffings wat deur ‘n brand by ‘n militêre ammunisiedepot in Tsjad se hoofstad, N’Djamena, veroorsaak is. Gesondheidminister Abdelmadjid Abderahim sê die dodetal kan styg aangesien baie mense ernstig beseer is. Die ontploffings het uitgebrande kanonkoeëls na nabygeleë huise laat vlieg waar verskrikte inwoners gesukkel het om dekking te vind. President Mahamat Idriss Deby het die terrein besoek waar vernielde motors en verwronge metaal rondom ‘n groot krater lê.