Weermag sal gesondheidsfasiliteite bystaan – Phaahla

Die buurland se minister van gesondheid, Joe Phaahla, het stakende werkers van noodsaaklike dienste gewaarsku om vandag terug te keer werk toe of aanklagte van wangedrag teen hulle te verwag. Hy het gisteraand ‘n nuuskonferensie gehou en gesê die Arbeidshof se interdik verbied werkers van noodsaaklike dienste om voort te gaan met nywerheidsoptrede. Die nasionale onderwys-, gesondheids- en verwante werkersvakbond, Nehawu, eis ‘n salarisverhoging van 10 persent terwyl die regering 4,7 persent aanbied. Phaahla sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gesondheidsdienste sal steeds sommige gesondheidsfasiliteite, veral in Gauteng, bystaan: