Weermag lei Vrydag amptelike militêre optog deur Windhoek

Die Namibiese Weermag sal Vrydag ‘n amptelike militêre optog met die oorskot van wyle president Hage Geingob deur die Stad Windhoek lei. Die presiese roetes sal môre bekend gemaak word. Inligting-minister Emma Theofelus het by die daaglikse routyd-inligtingsessie gesê die plasings wat op sosiale media sirkuleer oor 600 soldate van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat in Namibië aangekom het, vals inligting is.

’n Musikale huldeblyk word môre vanaf 4-uur tot laat ter nagedagtenis aan president Geingob gebring. Die publiek kan gratis kaartjies by Webtickets kry om die geleentheid by enige Pick ’n Pay-winkel by te woon.