Weerkenner sê oor ‘mildelike’ winter tot dusver
Terwyl koue die week voorspel word vir die Suide het die werklike ysige temperature, gepaard met Oosweer-toestande aan die kus, nog nie werklik gerealiseer nie, al is Namibië tegnies nou in die middel van sy winter. Volgens die bekende weerkenner van die verre Suide, George van der Merwe, handel dit oor die hoogdrukstelsels wat nou eers hul verskyning begin maak.