Weerkenner bespreek impak van Freddy, en wat kan gebeur

Die sogenaamde ewige-Freddy duur nou vir ongeveer 34 dae voort en het ‘n wesenlike impak op Namibië se reënvooruitsigte. Volgens die plaaslike weerkenner, George van der Merwe wat naby Aranos boer, het alle weersisteme verswak en droë lug beweeg in die hoëdruksel in die binneland in. Hy sê dit herinner aan wat in 2019 voorgekom het. 

Maar, hy meen daar is nog hoop, indien verskeie faktore saamspeel.