Weer ‘n tekort aan plekke vir leerders in ’24?

‘n Tekort aan klaskamers is ‘n ernstige bekommernis vir baie skole in Namibië. Die probleem blyk te vererger, met ‘n toenemende aantal skoolgaande kinders wat by reeds oorvol skole ingeskryf word. Sommige ouers het steeds nie plek vir hul kinders in skole verseker vir volgende jaar nie. Kosmos 94.1 Nuus het gaan uitvind by Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur by die onderwys-ministerie, of hulle bekommerd is oor ‘n tekort aan plekke vir kinders volgende jaar.