Weer aan die kus reg vir vakansiegangers

Die suide van die land gaan nog steeds deurloop onder ‘n hittegolf en dit gaan ook warm wees in die noordelike streke, volgens die Namibië Meteorologiese Dienste. Daar sal reën plek-plek uitsak, maar die weer aan die kus gaan gedeeltelik bewolk en matig wees – net reg vir die vakansiegangers. Kosmos 94.1 Nuus het met die weervoorspeller Richard Nashikaku gepraat, wat meer detail gee.