Weense Ope begin môre

Die topgekeurde Daniil Medvedev sal sy titel by die Weense Ope in Oostenryk môre begin verdedig wanneer hy en Arthur Fils van Frankryk kragte meet. Die Rus in dieselfde groep as 2019 se kampioen, die Fransman Dominic Thiem, en Stefanos Tsitsipas van Griekeland wat mekaar in die eerste ronde takel. In die ander helfte van die trekking speel die Italianer Jannik Sinner teen die Amerikaner Ben Shelton in nóg ʼn opwindende eerste-ronde-kragmeting. Die derde gekeurde Andrey Rublev van Rusland begin sy veldtog teen Alexei Popyrin van Australië.