Weegbrug-klipgooier word ge-evalueer

Die man wat Saterdag amok gemaak het by die Aris-weegbrug en motors beskadig het, word tans ge-evalueer. Hy het in die middel van die pad voertuie voorgekeer en met klippe bestook en video’s van hom is wyd op sosiale media versprei. Lede van die publiek het hom onder bedwang gebring en na die polisie geneem. Die mag sê hy is Bennet Pieters wat voor verlede week uit ‘n fasiliteit ontsnap het. Hy staar klagtes van opsetlike beskadiging van eiendom in die gesig, hangende die uitslag van sy evaluering. Hy het talle bestuurders die skrik op die lyf gejaag.