Wedstrydbeamptes vir November-toetse aangewys
Rugby: Die Suid-Afrikaanse wedstrydbeampte, Morné Ferreira, sal sy eerste toets aanstaande maand hanteer nadat hy deur Wêreldrugby aangewys is om die fluitjie te dra in die wedstryd tussen Spanje en Fidji in Valladolid. Wêreldrugby het die wedstrydbeamptes vir die toetsvenster in November bekendgemaak wat die Springbokke se drie toetse in Edinburgh, Londen en Cardiff insluit. Christophe Ridley van Engeland is in beheer teen Skotland, Andrew Brace van Ierland is die skeidsregter teen Engeland en Karl Dickson van Engeland sal die fluitjie blaas teen Wallis.