Wedloop om Roland Garros in Olimpiese stadion te omskep

Olimpiese Spele: Die wedloop het begin om die Roland Garros-tenniskompleks in ‘n Olimpiese stadion vir die Paryse Spele te omskep. Die organiseerders moet aan die streng standaarde van die Internasionale Olimpiese Komitee voldoen met net ses weke van die einde van die Franse Ope en die begin van die tennistoernooi by die Spele. Die maatreëls sluit in om die bekende kentekens van die kompleks te verbloem en om die Olimpiese ringe en die logo van die gasheerstad aan te bring. Die tennistoernooi begin op die 27ste van volgende maand.