Wayne Barnes neem Saterdag in Frankryk waar

Die ervare Engelse skeidsregter Wayne Barnes sal Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd tussen die verdedigende kampioene Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Parys hanteer. Dit is die 44-jarige se vyfde agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooi, maar hy sal vir die eerste keer in ‘n eindstryd blaas. Barnes is die wêreld se mees ervare skeidsregter met 110 toetse op sy kerfstok en sal naas Ed Morrison slegs die tweede Engelsman word wat ‘n Wêreldbeker-eindstryd hanteer. Nic Berry van Australië is aangewys as skeidsregter vir Vrydag se derdeplek-uitspeelstryd tussen Argentinië en Engeland.