Watter geld soek Mutorwa? GRN se voertuie is nog nuut…

Die amptelike opposisieparty stem saam met die Namibiese vervoerminister John Mutorwa wat sê daar is ‘n gebrek aan staatsvoertuie aangesien die huidige vloot wat uit 3 100 voertuie bestaan, oud is. Die minister sê die laaste verkryging van die staatsvloot was ‘n dekade gelede, weens fiskale uitdagings. Volgens Mutorwa het dit dus duur geword om onderhoud en herstelwerk aan staatsvoertuie aan die gang te hou. Die vervoerminister versoek dat ‘n bedrag van meer as 105 miljoen Namibiese dollar in sy begroting aan die staatsgarage gesentraliseerde ondersteunings-administrasie toegeken word. Nico Smit, die skaduminister van finansies van die PDM sê egter aan Kosmos 94.1 Nuus die ministers se voertuie is nog nuut.