Watertafels in Kaapstadse begraafplase wek kommer

Die Stad Kaapstad sê probleme met watertafels wat deur swaar reën veroorsaak word, het die afgelope weke begraafplase in die stad geraak. Die Maitland-begraafplaas is die swaarste getref deur onlangse gure weerstoestande. Die begraafplaas was verlede naweek weens hoër watertafels nie toeganklik nie en 56 begrafnisse moes by die Welmoed-kerkhof gehou word. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê hulle werk daaraan om die probleem op te los: