Waterpyplyn-vervanging skop af in Ondangwa

Die landbouministerie en NamWater het ‘n sooispit seremonie vir die Ondangwa-Omutsegwonime-pyplyn vervangingsprojek in Ondangwa aangebied. Die seremonie merk die begin van Fase 1, met die fokus op die kritieke 17km-lange pypleiding van Ondangwa na Oshali. Die Ondangwa-Omutsegwonime grootmaat watervoorsieningskema, bekend as die Suidoos-skema, is ‘n noodsaaklik vir die Oshana- en Oshikoto-streke en vervoer drinkbare water 110km ver. Dele van die pypleiding moet egter vergroot en vervang word om in verhoogde vraag te voldoen. Abraham Nehemia, die uitvoerende hoof van NamWater, het die hoofrede by die seremonie gelewer.