Waterkrisis: ANC skep net rampe, sê VF+

Die Vryheidsfront Plus sê die waterkrisis beklemtoon hoe verwyderd die ANC van die werklikheid is. Die VF Plus sê alles wat die ANC aanraak, verander in ’n totale ramp deurspek met korrupsie en onbevoegdheid. Die party het die regering se plan gekritiseer om ’n nasionale waterhulpbron-infrastruktuuragentskap te stig, en sê onder ANC-bewind is dit gedoem tot mislukking. Piet Mey van die VF Plus doen ‘n oproep dat die privaatsektor betrokke raak om die waterkrisis aan te spreek, en waarsku teen ernstige gevolge as daar nie onmiddellik opgetree word nie.