Watergehalte by sommige SA munisipaliteite wek kommer

Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie bevestig die gehalte van water in sommige munisipaliteite is moontlik nie geskik vir menslike gebruik nie. Dit kom na die onlangse uitbreking van cholera in Hammanskraal wat munisipaliteite genoop het om die gehalte van hulle water te ondersoek. Minister Senzo Mchunu het teenoor die media benadruk daar is ʼn behoefte aan eendragtige pogings by alle vertakkinge van die regering om te verseker daar is gehalte water en sanitasie. Hy het verseker water- en sanitasiebeleid sal ingestel word.