Waterbystand aan landelike gemeenskappe veroorsaak mens-dier-konflik
Mens-dier-konflik teister steeds gemeenskappe met die jongste voorval waar die Katete-nedersetting in die Zambezi-streek deurgeloop het met olifante wat waterpunte vir beide die inwoners en boere in die gebied vernietig het. Waterpunte is oral in landelike gebiede uitgebrei as gevolg van tekorte met die heersende droogte. Kosmos 94.1 Nuus het hieroor gesels met professor Morgan Hauptfleisch, die direkteur van Namibia Nature Foundation.