Water vir Hardap-groenskema môre afgesny

Volgens NamWater se jongste dambulletin is die Hardapdam tans net 6,6 persent vol, met die dooiepunt vir onttrekking vir die groenskema op 5 persent. Daar is besluit dat water aan die groenskema môre afgesny sal word om water vir die dorp te reserveer. Water vir menslike gebruik kan nog met behulp van ‘n vlot onttrek word tot op 2 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, wat uitbrei.

Nehemia sê dat alle belanghebbendes ingelig is en wanneer die dam genoeg water kry, sal hulle weer oopmaak.