Wat presies is Amushelelo se punt?

Aktivis Michael Amushelelo het aan regter Hannelie Prinsloo gesê hy het oorlog teen Namib Mills verklaar en sê die maatskappy moet sluit. Die NMI-groep verskaf werk aan 2 500 mense en met ‘n afhanklikheid-verhouding van 3,8 per salaristrekker maak 9 500 mense staat op die maatskappy. Daar is ook in die afgelope tien jaar, 1,25 miljard Namibiese dollar in infrastruktuur belê. Kosmos 94.1 Nuus het met die deurwinterde vakbondleier Job Muniaro gepraat oor Amushelelo se aksies. Hy meen beywering vir regte is goed maar, dit moet binne die wettige raamwerk geskied en werkers moenie aangehits word om arbeidsregulasies te oortree nie.