Wat maak Swapo se SG by vergadering tussen ECN en president?
Plaaslike media berig die Presidensie het die teenwoordigheid van Swapo sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, in ‘n geslote vergadering tussen president Nangolo Mbumba met leiers van die Verkiesingskommissie van Namibië, verdedig. Presidensiële woordvoerder, Alfredo Hengari, sê Shaningwa het in haar hoedanigheid as ‘n LP en kabinetslid bygewoon. In ‘n e-pos laat Dinsdagaand aan Elsie Nghikembua, die kommissie se voorsitter, het Job Amupanda, leier van die Regstellende Herposisionering-beweging, egter die verkiesingsliggaam daarvan beskuldig dat hulle voorgee dat hulle neutraal is terwyl hulle in werklikheid ‘n korrupte uitbreiding van Swapo is. Amupanda sê die kommissie is “ondervra” en het hulself tydens die vergadering aan Shaningwa verduidelik, en het openlik gewys dat sy beweerde onpartydigheid ‘n klug is.