Wat maak 200 werkloses by Ombika, binne Etosha?
Die Ombika-nedersetting binne Etosha Nasionale Park, naby die Andersson-hek, het meer as 200 inwoners wat werkloos is. Die nedersetting is vir onderstel om vir park-personeel te wees. Die nasionale uitsaaier het ‘n berig gedoen oor die stryd wat die mense voer sonder werk, elektristeit, sanitasie en toegang tot hout. Een van die inwoners het beken dat hulle onwettig by die nedersetting woon en sê hulle het aansoek gedoen vir poste in die park maar dit nie ontvang nie. Daar is nie ‘n hoë vlak van opvoeding onder die groep nie en hulle kwalifiseer nie vir staatstoelae nie. Van hulle maak toeriste-aandenkings soos draadvoëls en verkoop dit aan besoekers.