‘Wat jy in Israel sien is nie Israel nie’

Protesoptrede in Israel in verband met die aanpassings aan die land se regstelsel duur voort. Premier Benjamin Netanyahu se brose koalisie-regering bly onder druk en volgens die land se voormalige minister van justisie en ook buitelandse sake, Tzipi Livni, is die land erg verdeel.