Wat is ‘n Swart-gat of te wel ‘n “Blackhole”?

Sterre word gevorm deur gasse soos hoofsaaklik waterstof saam te pers onder swaartekrag. Daar is verskillende tipe sterre soos ons eie son wat ‘n klein ster is, en dan heelwat groter sterre soos super-sterre & hiper-sterre soos UY Scuti wat omenby 5 miljard sonne kan inpas. Wanneer hierdie reuse-sterre hulle waterstof uitgeput het via kern samesmelting, raak die gewig van die helium en ander elemente te swaar onder die ster se swaartekrag. Die gewig van die ster stort ineen onder die swaartekrag en pers die materiaal saam tot dit invou op ditself. Afhangende van elke ster kan dit soos ons eie son ‘n wit dwergster vorm, of groter sonne word neutron-sterre, en self groter sterre vorm dan ‘n Swart-gat wat so baie swaartekrag het dat lig nie eers daarvan kan ontsnap nie. As ons die Aarde se totale massa kon saampers om ‘n Swart-gat te laat vorm, sal die Aarde so groot soos ‘n ertjie saam gepers moet word.

Foto verskaf: Kunstenaarsvoorstelling: Rolprent: “Interstellar”