Wat het geword van Otji se verwysingshospitaal?
Konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese dollar vir die konstruksie begroot. Die destydse adjunk-gesondheidsminister Juliet Kavetuna het ses jaar gelede met NBC gepraat.
Nou val die heining uitmekaar en nie een baksteen is gelê nie. Siek pasiënte word steeds, deur middel van busse, na Windhoek vervoer vir mediese dienste. Die Namibese Verpleegstersunie het die mislukking skerp veroordeel. Die nuus kom na die konstruksie van die Windhoek Distrikshospitaal in April bekend gemaak is.