Wat gaan die repokoers doen?

Alle oë is op die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee, wat môre sy vyfde aankondiging vir die jaar maak oor die repokoers. Die koers staan tans op 7,75 persent, die hoogste wat dit in die afgelope 14 jaar is. Inflasiedruk bly hoog, maar die impak van die hoë brandstofprys in Oktober sal eers aan die einde van die maand bekend wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Phillipus Uusiku, ‘n plaaslike ekonoom, oor sy voorspellings gepraat.