Wasserfall-familie ontevrede oor uitspraak
Die familie van wyle Shannon Wasserfall het hul ontevredenheid met regter Christie Liebenberg oor die uitspraak van haar moordsaak uitgespreek. Die moordbeskuldigdes Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu is vanoggend onskuldig bevind op die klag van moord maar is skuldig bevind aan regsverydeling. Madisia is ook skuldig bevind op twee klagte van bedrog. Regter Liebenberg het beslis daar was eenvoudig nie genoeg bewyse vir die moordklag nie, maar die slagoffer se ontstelde broer, Dennis Wasserfall, stem nie saam nie.