Was lekker om weer te speel – Tiger

Die vyftien-malige Major-kampioen Tiger Woods, sê dit was ‘n besonderse ervaring om die kans te hê om weer gholf te speel, veral omdat hy saam met sy seun, Charlie, kon speel. Woods en sy seun het gemaklik tweede geëindig by die PNC Pa-en Seun-Kampioenskap in Orlando. Dit was Woods se eerste keer terug op die gholfbaan, nadat hy sy been in Februarie vanjaar in ‘n motor-ongeluk vergruis het. Die 45-jarige Woods sê hy en sy seun het voor die kampioenskap besluit om hulle visier te stel op twee brou-hou-vrye rondtes, wat hulle dan ook reggekry het: