Warriors vertrek vandag na Tanzanië

Die Namibiese span, die Brave Warriors, vertrek vandag na Dar Es Salaam in Tanzanië. Die span onder leiding van afrigter Collin Benjamin, sal volgende week Dinsdag teen Burundi te staan kom in die Afrikabeker Groep C-kwalifiserings-wedstryd. Die span wil ‘n welverdiende oorwinning behaal om te kwalifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Benjamin gepraat, wat oortuig is sy span behoort oor Burundi te seëvier.