Warriors kry Afrika-nominasie
Namibië se nasionale mans sokkerspan, die Brave Warriors, is genomineer vir die Konfederasie van Afrika-sokker se Nasionale Span van die Jaar-toekenning wat vir 11 Desember in Marrakech, Marokko, geskeduleer is. Die Namibiese en Suid-Afrikaanse Premier Sokkerliga-doeljagter Peter Shalulile het ook ‘n benoeming in die Interklub Speler van die Jaar-kategorie ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibië se hoofafrigter, Collin Benjamin, gepraat wat sê die Warriors is baie bly dat hul pogings herkenning gekry het.