Warhol se Marilyn verkoop vir US$195m
Die ikoniese skildery van Marilyn Monroe deur Andy Warhol is vir 195 miljoen Amerikaanse dollar by Christie’s in New York verkoop. Dit is die duurste 20ste-eeu kunswerk ooit. Warhol het die stuk in 1964 geskilder. Daar was bespiegel dat die stuk vir rondom 200 miljoen dollar kon verkoop maar die bod is op 170 miljoen dollar toegestaan met belasting en kommissie wat die prys na 195 miljoen dollar opstoot.