Wapengeweld in die VSA: Meer as 11 380 mense sedert Januarie dood

Drie mense en ‘n verdagte is dood ná ‘n gesinsgeweldvoorval in Orlando, in die Amerikaanse deelstaat Florida. Toe polisie op die toneel aankom het hulle skote van van binne die huis gehoor. Die verdagte het uit die huis gekom en op beamptes geskiet. Hulle het teruggeskiet en hy is dood. Drie mense, insluitend ‘n kind, is in die huis dood aangetref. Wapengeweld vier hoogty in die VSA. Meer as 11 380 mense het tot dusver vanjaar hul lewens weens wapenverwante voorvalle verloor. Net voor die Florida-voorval was daar ‘n massaskietery in Delaware, by ‘n inkopiesentrum. Drie mense is dood en vyf is beseer. Die skieter het weggekom.