Wapenbeheer verbeter in die VSA

Verbeterde agtergrondondersoeke het duisende wapenverkope aan Amerikaners onder die ouderdom van 21 en diegene wat die afgelope jaar skuldig bevind is aan misdade van gesinsgeweld geblokkeer. Dit is volgens die Withuis en kom ‘n jaar nadat president Joe Biden ‘n nuwe kantoor gestig het om die ondersoeke te versnel. Moorde het in die tydperk met 17 persent gedaal en massaskietvoorvalle het tot dusver met 20 persent vanjaar afgeneem. Die FBI het meer as 300 000 agtergrondondersoeke van individue onder 21 gedoen. Kontroles vir diegene wat skuldig bevind is aan gesinsgeweldmisdade het tot dusver vanjaar meer as 4 600 wapenverkope geblokkeer.