Wanvoedinggevalle styg in Omaheke

Wanvoedinggevalle word steeds byna daagliks in die Omaheke-streek aangemeld. Sedert die begin van Desember 2023 het die streek 78 nuwe gevalle van wanvoeding aangeteken. Verlede jaar het 45 kinders in die streek gesterf weens wanvoeding. Alkoholmisbruik en verwaarlosing van kinders deur ouers is van die belangrikste bydraende faktore, volgens die streekgoewerneur, Pijoo Nganate. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met oud-ombudsman, advokaat John Walters, wat wil weet wat die spesifieke owerhede aan die probleem doen en sê dit is ongehoord dat kinders in die 21ste eeu van wanvoeding sterf.