Wanvoeding in Afrika, Midde-Ooste wek kommer

Die Verenigde nasies waarsku oor ‘n groeiende krisis met wanvoeding in die Midde-Ooste en Noord-Afrika wat ‘n derde van die kinders raak. Volgens Unicef ly minstens 77-miljoen, of een uit elke drie kinders in die Midde-Ooste en Noord-Afrika aan wanvoeding. Altesaam 55-mijoen kinders in die 20 lande wat geëvalueer is, is oorgewig of het vetsug, wat Unicef as ‘n vorm van wanvoeding beskou. ‘n Verdere 24-miljoen kinders is ondervoed, insluitend verdwerging, is uitgeteer en baie maer.