Wanvoeding: 300 gevalle, 26 sterftes in Omaheke

Die goewerneur van die Omaheke-streek Pijoo Nganate sê daar is tot dusver vanjaar 300 gevalle van wanvoeding in sy streek aangemeld met 26 mense wat reeds dood is. Dit is die gevalle vanaf 1 Januarie tot op hede. Volgens Nganate is 263 mense gehospitaliseer weens wanvoeding met nege wat na hulle ontslaan is weer opgeneem is. Omaheke het net minder as 103 000 mense met ‘n werkloosheidskoers van amper  40 persent. Die streek is ook hard getref deur die huidige droogte.