Wanneer skakel julle die e-tol-seinbrûe af, Lesufi?
Die DA in Gauteng doen ʼn beroep op premier Panyaza Lesufi om ʼn duidelike tydlyn te verskaf van wanneer die e-tol-seinbrûe afgeskakel word. Die premier het in sy provinsiale rede gesê die seinbrûe sal teen die 31ste van die maand afgeskakel wees. ʼn DA-woordvoerder, Dorianne Arendse, sê dit kan net gebeur indien die afskakeling 14 dae voor die voorgestelde datum in die Staatskoerant aangekondig word, maar dit het nog nie gebeur nie.