Waninligting, fopnuus ‘n uitdaging tydens stemmery

Die Verkiesingskommissie het kiesers gewaarsku om waaksaam te wees teen waninligting wat voor die verkiesing die rondes doen. Die kommissie het tydens ‘n nuuskonferensie video’s wat onduidelike stembriewe uitbeeld, bespreek en verduidelik dit het nie betrekking op die Suid-Afrikaanse verkiesing nie. Die adjunk-hoofverkiesingsbeampte, Masego Sheburi, het verseker alle stemme, insluitend spesiale stemme, sal vanaf Woensdag en in die teenwoordigheid van party-agente met deursigtigheid getel word om verkiesingsintegriteit te verseker: