Wanderers wen skild-kragmeting teen Reho Falcon

Die Namibië Rugby Unie Premierliga het Saterdag hervat met verskeie opwindende wedstryde. Kudus het die Dolphins oortuigend met 57-18 geklop. United het met 41-28 oor Western Suburbs geseëvier, terwyl Unam vir Rehoboth 47-7 verslaan het. Reho Falcon het tuis met 23-40 teen Wanderers verloor. Falcon en Wanderers het terselftertyd meegeding in ‘n skild-kompetisie ter ere van die vier lede en spelers van die klub wat in April in ‘n motorongeluk dood is. Wanderers afrigter Dirk Human het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.