Walviskoeie wys hoekom ons menopause het

Menopouse is ‘n seldsame eienskap onder lewende wesens en dit kom net voor in ses van al die soogdiere op die Aarde. Mense is een. Orcas en vier ander tandwalvisse is die ander. Nuwe navorsing ondersoek menopouse by hierdie walvisse, met bevindings wat kan help om te verduidelik hoekom hierdie verskynsel ontwikkel het. Die wetenskaplikes het die lewensduur van 32 tandwalvisspesies vergelyk en walviskoeie wat menopause het leef sowat vier dekades langer as die vroulike diere van nie-menopousale spesies.