Walvisbaai vier Wêreld Kinderdag
Die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, het ‘n galadinee vir Wêreld Kinderdag aangebied om die potensiaal in elke kind te vereer en verbintenis tot hul welstand te herbevestig. Die aktiwiteite wat vir die naweek beplan is, is ‘n geleentheid om beloftes te hernu, om saam te staan, en om te verseker dat geen kind agterbly nie. Wêreld Kinderdag word elke jaar op die 20ste November gevier om internasionale samehorigheid en bewustheid onder kinders te bevorder en om hul welsyn te verbeter. Die geleentheid het ‘n bedrag van sowat 126 000 Namibiese dollar vir die Walvisbaai Sonskynsentrum ingesamel.